’n Student het Donderdag in die Welkom-landdroshof in die Vrystaat verskyn vir sy beweerde betrokkenheid in die grumoord op ’n medestudent.
Obed Leshoro (19) is Dinsdag in hegtenis geneem nadat die 21-jarige Naledi Arcelia Lethoba se verminkte liggaam vroeër vandeesmaand in ʼn oop stuk veld op die hoek van Buren- en Araratstraat in Dagbreek op die dorp aangetref is.
Sy het brandwonde aan haar liggaam gehad en albei haar borste was afgesny, het kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, gesê. Daar is ook ’n mes in Lethoba se nek aangetref.
Lethoba was oorspronklik van Bothaville en was ’n student aan die Goldfields TVET Kollege in Welkom. Haar ouers het Vrydag haar liggaam by die plaaslike lykshuis uitgeken, het Thakeng gesê.
Leshoro het saam met Lethoba aan die instelling studeer.
Die saak is tot 14 Junie uitgestel waartydens Leshoro om borgtog sal aansoek doen.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Ek wou sê diere hoort in hokke.
Maar in die geval sal n hok te goed wees.
6 voet diep sal beter wees
Hoop hy vrot in die tronk! Maar nouja dis SA more is hy weer op straat om verder te moor.
Op die ouderdom van 19 dink jy aan wat jy gaan doen om ‘n inkomste te maak en jy beplan jou toekomspad wat voor jou lê…. Mens kan net weet dat die omstandighede waarin hierdie “kinders” groot gemaak word is ‘n duidelik indikasie dat hulle geen maar geen benul het oor nagevolge of wat reg en verkeerd is nie. Dit kom natuurlik want hulle weet nie van beter nie! Mens moet begin navorsing doen oor hoe hierdie kinders groot gemaak is en waaraan hulle blootgestel is.
Stem 200% saam
Daar is n’ moontlikheid dat die n’ liefdis verhouding is wat nie uitgewerk het nie en dat hy wraak geneem het ?