Man in hof vir kinderpornografie; polisie waarsku ouers

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 37-jarige man van Plettenbergbaai in die Wes-Kaap, het Woensdag in die streekhof in Knysna verskyn op aanklagte van die besit en verspreiding van kinderpornografie.

Lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, het gesê die ondersoekspan moes lank werk om pornografiese materiaal wat van die man se rekenaar uitgewis is, weer terug te kry. Hy is op 13 Januarie in hegtenis geneem en kort daarna op borgtog van R10 000 vrygelaat.

“Die man is een van 41 mans in Suid-Afrika wat vir die besit van kinderpornografie in hegtenis geneem is sedert die spesiale ondersoekspan verlede jaar op die been gebring is. Hierdie verdagtes word steeds in verskeie howe regoor die land verhoor,” het Makgale gesê. “’n Verdere 34 verdagtes is geïdentifiseer en sal binnekort in hegtenis geneem word.”

Volgens Makgale is dit egter net die oortjies van seekoei, aangesien kinderpornografie aan die orde van die dag is. “Die uitbuiting van kinders deur seksuele oortreders op die internet is ʼn enorme probleem vir die polisie, hier in Suid-Afrika en oorsee. Oortreders kan maklik in ons huise inkruip en deur tegnologiese toestelle en sosiale media platforms ons kinders beetkry.”

Makgale het gesê die polisie werk saam met ander wetstoepassingsagentskappe van regoor die wêreld om seksuele oortreders vas te trek. Altesaam 140 verdagtes wêreldwyd met dieselfde pornografiese materiaal in hul besit as wat op die man se rekenaar gevind is, is geïdentifiseer. Uit hierdie verdagtes is 15 reeds in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CHRISTA ·

Wat jy saai sal jy maai! Vandat pornografie in ons land gewettig is, rukals handuit. Onthou, dit begin dank vir hierdie barbare by pornografie, maar later is DIT nie eers meer vir hulle bevredigend nie. DAN gaan hulle oor na kinderpornografie. Later wil hulle SELF seks met kinders hê!!! Dis waar al hierdie bose dade teen ons kinders vandag vandaan kom. Pornografie moes NOOIT wettig gemaak word nie!!!

Anja ·

Dis nie die wettiging van pornografie se skuld nie, want kinderpornografie was en sal nooit gewettig word nie. Mens progresseer ook nie van volwasse porno tot kinder porno toe nie. Die individue wat hul aan die besit en vervaardiging van kinder porno skuldig maak is psigologies versteurd en ongelukkig is hulle nie rehabiliteerbaar nie. Ek het die grootste agting en respek vir die polisielede wat hierdie kriminele moet vastrek. Dit kan nie maklik wees om te sien wat hierdie siek mense doen en kyk nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.