Man in hof vir moord na bakkie in dam beland

court-hammer_thumbDie man wat aangekla word van die moord op vyf kinders nadat sy bakkie in ‘n dam in KwaZulu-Natal se Midlands-gebied beland het, sal na verwagting Maandag in die Greytown-landdroshof verskyn.

Phelelani Mchunu (24) het op 12 Mei glo 29 skoolkinders vervoer toe hy beheer oor sy bakkie verloor het en dit in ‘n dam in die Rietvlei-omgewing beland het.

Vyf kinders is dood terwyl die 24 ander kinders daarin kon slaag om uit die dam te kom.

Mchunu staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord en roekelose en nalatige bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jas van As ·

Moord? Ek verstaan nie mooi nie. Het hy met opset in die dam gery dat die aanklag moord kan wees? Met sommige gevalle van plaasaanvalle word dit as manslag, of gewapende roof geklasifiseer, en bly hulle so ver weg van die woordjie “moord”. Iemand moet my help om hierdie som te maak, want ek is duidelik te dom daarvoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.