Man in hof vir moord op Modimolle-vrou

Trudie Grebe. Foto met vergunning van Die Pos.

Die verdagte wat van die moord op Trudie Grebe (73) van Modimolle (Nylstroom) in Limpopo verdink word, het Woensdag in die plaaslike landdroshof op aanklag van moord verskyn.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Mmakwena Morris Maripa (51) se aansoek om borgtog is geweier voordat die saak vir verdere ondersoek uitgestel is.

Maripa sal op 3 Oktober weer in die hof verskyn. Hy bly tot dan in aanhouding.

Maroela Media het vroeër berig Grebe is op 23 Augustus by haar huis in Modimolle vermoor waarna die polisie op die spoor van ’n man was wat voorheen by haar gewerk het.

Ngoepe het vroeër gesê ʼn voorlopige ondersoek het daarop gedui dat dié man op die dag van Grebe se moord opgemerk is waar hy glo die oorledene se perseel verlaat het.

Grebe het haar eie onderneming waar sy honde gebad en geskeer het tuis bedryf. ʼn Besoeker het op die dag van die moord op Grebe se liggaam langs haar huis afgekom.

Grebe is vermoedelik met ʼn stomp voorwerp oor die kop geslaan en sy het ook verskeie steekwonde aan haar kop, nek en hande opgedoen.

Maripa is Maandag by sy suster se huis in hegtenis geneem waar hy weggekruip het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Magda ·

Familie lede meot ook aangekla word as hulle iemand help wat n misdaad gepleeg het!!

Se Net ·

Magda ek het niks gelees van familie lede nie, of het ek ‘n onvolledige berig gelees.
Haar of die beskuldige se familie?

Cherokee ·

As jy niks gelees het van familielede (een woord), dan moet jy in die vervolg jou vinger onder die sinne wat jy lees hou en die woorde hard uitspreek.

Sandra ·

Ek dink sy bedoel familie wat hulp verleen aan die moordenaar dmv verblyf, geld, ens, wat aan die moordenaar verskaf is, moet ook aangekla word. Dit is nou as hulle die waarheid geweet het.

Dan ·

Bloudrom – wil ek ook weet.

Ja, die saak is nog nie afgehandel nie, so die frase ‘vermeende moord’ glo ek is beter van toepassing – tot skuld bevinding. Maar moord bly moord, geen rede vir die aanhalingstekens volgens my mening ook nie!!!!

Domvraag ·

Se Net die berig lees dat hy by sy suster se huis weggekruip het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.