Man in hof vir moord op neef

court-hammer_thumbʼn Man van die Noord-Kaap wat daarvan beskuldig word dat hy sy neef vermoor het, het vlugtig in die Douglas-landdroshof verskyn.

Willem Springbok (26) het Donderdag in die hof verskyn, het sers. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, gesê. Die saak is tot 25 November uitgestel wanneer Springbok na verwagting om borg sal aansoek doen.

Hy word daarvan beskuldig dat hy sy neef, Mohammed Springbok (29), op 26 Oktober vermoor het. “Die verdagte en die oorledene het op ʼn plaas naby Plooysburg gedrink en het glo in ʼn argument betrokke geraak oor ʼn bottel whiskey,” het Kock gesê.

“Die verdagte het die slagoffer met ʼn skerp voorwerp in die nek gesteek en gevlug.” Volgens Kock is Springbok twee weke later in Kimberley in hegtenis geneem. “Hy is gevind waar hy onder ʼn rusbank weggekruip het,” het Koch gesê. Hy staan tereg op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.