Man in hof vir moord op pa

hof-hamer

Argieffoto

ʼn 21-jarige man het Vrydag in die Bloemhof-landdroshof in Noordwes verskyn in verband met die moord op sy pa en die verkragting van ‘n minderjarige familielid.

Volgens lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, sal die man weer op 18 September in die hof verskyn wanneer hy om borgtog sal aansoek doen.

Die verdagte is Donderdag in Boitumelong in hegtenis geneem. “Die man het glo die vorige aand omstreeks 22:00 by die huis gekom en sy pa probeer oortuig om saam met hom te gaan en ʼn man aan te rand. Hy het glo vermoed dat sy vriendin hom met die man verneuk.”

Volgens Funani het die man se pa geweier waarna hy glo ʼn mes uitgepluk en sy pa in die nek gesteek het. “Hy het toe glo ‘n familielid, ‘n 10-jarige meisie, gegryp en haar na ʼn onbekende plek gevat en verkrag.” Die man se pa is na ʼn hospitaal geneem, maar het onderweg aan sy beserings beswyk.

Intussen is ʼn 36-jarige man van Daniëlskuil in die Noord-Kaap tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy ma.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, het gesê die ma het op 29 Desember 2018 ʼn middagslapie geniet nadat sy van ʼn begrafnis teruggekeer het. Sy het wakker geskrik toe sy iemand op haar gevoel het en besef dit is haar seun.

Sy het begin skree en haar kêrel het by die kamer ingestorm en die seun van sy ma afgetrek. Hy is dieselfde dag in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

david ·

En weereens swart-op-swart geweld en moord—–en BLM eis dat Swart lewens vir ONS , van die ander velkleur meer moet saak maak..! Vee voor julle eie deur…!

Danie ·

Watter ras ookal, dit is die nuwe suid afrika terwyl die ou geslag met waardes uitsterf.

Sarel ·

Seun vermoor sy Pa, Seun verkrag sy Ma……maar ons is te beskaaf om die doodstraf toecte pas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.