Man in hof vir moord op polisiebeampte

Argieffoto

’n 29-jarige verdagte sou na verwagting Maandag in die Umbumbulu-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn nadat die liggaam van ’n plaaslike polisiebeampte verlede maand met ’n skietwond in ’n suikerrietplantasie aangetref is.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, sê konst. Nhlanhla Mthethwa (38) is op 23 Augustus in die omgewing van Illovo vermoor waarna ’n patrollerende veiligheidswag op sy liggaam in ’n suikerrietplantasie afgekom het.

Mthethwa het ’n skietwond aan die kop gehad.

Volgens Mhlongo was die betrokke polisiebeampte verbonde aan die Umbumbulu-polisiekantoor hoewel hy nie aan diens was ten tyde van sy moord nie.

“Sy privaat voertuig, dienspistool met skerp ammunisie en kontant is gesteel. ‘n Saak van moord is by die Amanzimtoti-polisiestasie aangemeld en die saak is aan die Valke oorgegee vir verdere ondersoek.”

’n Verdagte is sowat ’n week ná die moord op 1 Oktober gedurende ’n operasie in Phoenix in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hennie

Word dienspistole uitgereik al is lede nie aan diens nie of is daar alweer een of ander laksheid wat hier aangaan en wat nie opgevolg gaan word nie?

Casper

Oompie met die hoed dit is tyd dat jy besef ons polisiebeamptes word net soos boere afgemaai en dit is tyd dat jy uit jou droomwêld wakker skrik en iets drasties begin doen en aan die moordenaars in die algemeen vra “who are you” en nie aan boere nie.Hulle is nie die moordenaars nie.