Man in hof vir moord op verkeershoof

Argieffoto

Argieffoto

Die man wat na bewering Pietermaritzburg se hoofverkeersbeampte doodgeskiet het, het Dinsdag vlugtig in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn.

Die saak teen Sifiso Hlengwa (39), van Machibisa in Edendale, is tot 5 Februarie uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog gaan aansoek doen. Hy staan tereg op aanklag van moord.

Hlengwa het hom Maandag aan die polisie oorgegee nadat hy hulle tien dae lank omseil het.

Sers. Mthokozisi Ngobese, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê die verdagte het hom by die Alexander-polisiestasie in die teenwoordigheid van sy regsverteenwoordiger oorgegee.

Ngobese word daarvan verdink dat hy senior supt. Pumla Dlamini op 14 Januarie glo verskeie kere geskiet by die verkeersdepartement se hoofkantoor in Washingtonweg, vermoedelik weens ʼn arbeiddispuut. Dlamini is na ʼn hospitaal gehaas vir behandeling, maar het kort daarna aan sy wonde beswyk. Hy is Saterdag in Durban ter ruste gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Scura Toks ·

Hou kan jy se dit is swak, het swak nie n ander betekenis nie of hoe ?

REGINA ·

“Swak” is nie naastenby beskrywend nie, die moord op die Verkeershoof was eerder GEVOELLOOS, KOELBLOEDIG, SO ONNODIG EN AFGRYSLIK!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.