Man in hof vir Noordwes-moord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 24-jarige man verskyn Maandag in die Mmabatho-landdroshof in Noordwes in verband met die moord op ʼn 40-jarige man.

Volgens kol. Sabata Mokgwabone, ʼn polisiewoordvoerder, het die mans Vrydagoggend omstreeks 04:30 in Mmabatho begin stry voor hulle handgemeen geraak het. “Die verdagte het tydens die bakleiery glo ʼn mes uitgeruk en die slagoffer in die bors gesteek,” het Mokgwabone gesê.

Die man is op die toneel dood. Die verdagte is kort daarna in hegtenis geneem.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.