Man in hof vir PE-pa se moord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat na bewering ʼn pa van Port Elizabeth vermoor en sy ma erg aangerand het, het Woensdag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Bhaven Moodley (37), die pa van twee kinders, se liggaam is Maandag deur polisie in sy huis ontdek. Hy is verwurg. Sy ma, Shirley (66), was ook in die huis en is erg deur die moordenaar aangerand. Sy was baie verward toe polisie by die toneel opgedaag het.

Kort voor Moodley se liggaam gevind is, is ʼn 25-jarige verdagte in hegtenis geneem in verband met motordiefstal. Hy is later met Moodley se moord verbind.

Die verdagte, wie se naam nog nie bekendgemaak is nie, staan tereg op talle aanklagte wat moord, verkragting, roof met verswarende omstandighede en aanranding met die doel om ernstig te beseer, insluit.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn swart Mercedes-Benz AMG wat aan Shirley behoort, is in die verdagte se besit gevind.

Die saak is tot Donderdag uitgestel wanneer die verdagte om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Arno ·

As die slagoffer blank was sou hulle die verdagte “rower” genoem het.

Dee ·

Ek is nie in die bui om Maroela te verdedig nie maar dit is irriterend wanneer mense dom dinge sê en dink dat dit slim is. As jy enige onderskeidingsvermoë aan die dag kon lê sou jy opgelet het dat die sin waar van moordenaar gepraat word nie bepaal dat dit die een is wat elders as verdagte bestempel word nie. Ek wonder of jy hierdie sal verstaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.