Man in hof vir sambok-moord

Argieffoto

Argieffoto

Patrick Wisani, ʼn voorsitter van die ANC-jeugliga, het Vrydag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklag dat sy vriendin met ʼn sambok doodgeslaan het.

Die saak is uitgestel aangesien die alternatiewe adres wat Wisani aan die hof verskaf het, nie bevestig kon word nie. Wisani word daarvan beskuldig dat hy Nosipho Mandleleni (24), sy vriendin, vroeër vandeesmaand met ʼn sambok doodgeslaan het in die huis in Yeoville waar hulle gewoon het.

Wisani het homself twee dae ná die voorval aan die polisie oorgegee. Madleleni se suster, wat in dieselfde huis gewoon het, gaan glo vir die staat getuig. Indien Wisani op borgtog vrygelaat word, sal hy nie na die huis in Yeoville kan terugkeer nie, aangesien Madleleni se suster steeds daar woon.

Staatsaanklaer Richard Mashobane het aan die hof gesê polisiebeamptes het die adres besoek wat Wisani aan die hof verskaf het en is deur ʼn veiligheidswag op die perseel meegedeel dat die eienaar van die woonstel tans in die buiteland is. ʼn Tweede alternatiewe adres sal oor die naweek bevestig word.

Lede van die organisasie Sonke Gender Justice het Vrydag buite die hof betoog. Tumi Komanyane, ‘n verteenwoordiger van die organisasie, het gesê Mandleleni se dood was nie ʼn geïsoleerde voorval nie en dat die regering meer moet doen om geslagsgeweld hok te slaan.
Die saak gaan Maandag voort.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jannie ·

Waar is die ANC Vroueliga? Of is n swart vrou se lewe niks werd, veral as sy wreed vermoor word deur een van hulle uitverkore ANC “jeugdige” seuns .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.