Man in hof vir Tzaneen-dubbelmoord

Argieffoto

Argieffoto

Die man wat in hegtenis geneem is vir die moord op ʼn ma en haar dogter van Limpopo verlede week het Maandag vir die eerste keer in die hof verskyn.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het gesê die saak teen Frederick Molewa (35) is in die Ritavi-landdroshof tot Maandag uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog gaan aansoek doen.

Molewa is Vrydag in Germiston, Gauteng, in hegtenis geneem in verband met die moorde op Mary Mangena (63) en haar dogter Hermina Mangena (40).

Die verdagte het verlede Dinsdag na bewering Mary se huis in Sasekani buite Tzaneen binnegestorm en haar en haar dogter geskiet.

Mary is op die toneel dood. Haar dogter het Woensdag in die hospitaal aan haar beserings beswyk.

Die verdagte was glo in ʼn verhouding met Mary se jonger dogter. Sy was nie tuis ten tye van die skietery nie.

Die verdagte en die jonger dogter het glo tot onlangs nog saamgebly. Hulle het glo ʼn rusie gehad waarna sy uitgetrek het.

Molewa staan tereg op twee aanklagte van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.