Man in hof vir vermiste tiener se moord

Argieffoto

Argieffoto

Die 22-jarige man, wat in hegtenis geneem is vir die moord op ʼn 14-jarige meisie nadat sy aanvanklik as vermis aangemeld is, sal Woensdag in die Uitenhage-landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Micaylen Hendricks is op Vryheidsdag as vermis aangemeld nadat haar ma haar winkel toe gestuur het en sy nooit weer teruggekeer het nie.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het inligting ontvang wat hulle Sondagaand na ʼn plakkershut in die Moeggesukkel informele nedersetting gelei het, waar hulle op Micaylen se liggaam afgekom het. Dit is nie duidelik aan wie die plakkershut behoort nie.

Volgens Nkohli wag die polisie nog op die uitslae van ʼn nadoodse ondersoek voordat die oorsaak van die tiener se dood bevestig kan word. ʼn Familielid van Micaylen was op die toneel op haar liggaam uit te ken.

Die verdagte staan tans tereg op ʼn aanklag van moord, maar die moontlikheid bestaan dat nog aanklagte bygevoeg kan word soos die polisieondersoek vorder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

willie ·

Die sort ding stam af van die onvermoe van die regering om te voorsien. Hierdie mense wat so leeg le, is besig met als behalwe werk, en verlustig hulle aan kinders.. Dis regtig siek, hoeveel mans met kinder lol, verkarg en vermoor.. Hier is net geen leiding van n dag oud.. Moet my nie se dat gemeenskapsleiers in die gebiede nie kan opstaan en dit beveg nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.