Man in hof vir Welkom-moord

Argieffoto (Foto: QuinceCreative/Pixabay)

’n Man sou na verwagting Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn het in verband met die moord op ’n vrou dié naweek in Welkom in die Vrystaat.

Die 38-jarige vrou is Saterdag met verskeie steekwonde in Jan Hofmeyerweg in die Mannys-buurt aangetref. Die man is kort daarna met bloedbevlekte klere op die agterste sitplek van sy motor aangetref en in hegtenis geneem.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê die bestuurder van ’n wit Ford Ranger het lede van die polisie Saterdagmiddag in Jan Hofmeyerweg voorgekeer en in kennis gestel van ’n man wat na bewering ’n vrou aangeval het.

Volgens die bestuurder was die verdagte in ’n wit Toyota Tazz op pad dorp toe.

Die polisielede het dié motor agternagesit en die motor naby ’n vulstasie voorgekeer. Die man is op die agterste sitplek van die motor aangetref. Sy klere was vol bloed en hy is op die plek in hegtenis geneem.

Lede van die polisie is toe na die misdaadtoneel waar ’n vrou om 12:36 op haar rug langs die pad aangetref is. Die nooddienste is na die toneel ontbied en die vrou is na ’n hospitaal geneem waar sy later dood is.

Die man staan tereg op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel

Motor voodgekeer….maar man was op agterste sitplek..
Wie het bestuur

Danie

Ou trick daai van die agtersitplek.