ʼn Sakeman van Witrivier in Mpumalanga, wat in hegtenis geneem is nadat hy ʼn beweerde aanvaller glo uit selfverdediging met ʼn mes doodgesteek het, het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Gavin Wingrave (51) het op aanklag van moord in die hof verskyn. Die saak is tot 21 Augustus uitgestel vir nadere ondersoek en hy sal tot dan in aanhouding bly.
Albert Gryvenstein, die operasionele bestuurder van Bossies Community Justice, het Maandag aan Maroela Media gesê Wingrave is nie ʼn boer soos voorheen berig nie, maar die eienaar van sy eie sakeonderneming.
Gryvenstein het vroeër aan Maroela Media vertel Wingrave het Vrydag op ʼn grondpad tussen Heidelvallei en Rocky Drift gery toe ʼn man, vermoedelik ʼn sluipslaper, sy voertuig met ʼn klip gegooi het. Wingrave het stilgehou om na die skade aan die voertuig te kyk toe die man hom na bewering aangeval en met ʼn klip probeer slaan het.
Wingrave het die man glo uit selfverdediging met ʼn mes gesteek. Met nooddienste se aankoms op die toneel, het die man nog gelewe, maar hy is kort daarna dood. Wingrave is dieselfde dag in hegtenis geneem.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
49 Kommentare
Sterkte Gavin ons glo alles sal vir jou goed uitwerk.
Ja nee kyk in die land mag jy jouself nie verdedig nie….net jou lewe en besittings verloor.
Kan iemand asb vir die man regshulp gee. Hoe kan hy toe gesluit bly? Dit is vere gaande.
Sterkte Gavin. Amal kom weg met moord maar ons moet vir hul dade betaal.
Dit is siek! Nou word hy aangehou!