Man in hof wat bedreigde ietermagog glo wil smous

(Foto: Verskaf)

ʼn 25-jarige man het Dinsdag in die hof verskyn nadat hy glo ʼn ietermagog probeer verkoop het.

Volgens Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke, wou die beskuldigde – van Kuruman in die Noord-Kaap – glo die dier vir R200 000 verkwansel.

“Die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad het met behulp van die veediefstaleenheid Vrydag die beskuldigde, Sipho Bosman, vasgetrek.”

Die polisie het beslag gelê op die ietermagog.

Ietermagogs is weens grootskaalse stropery ʼn hoogs bedreigde spesie, asook een van die diere wat die meeste gestroop word.

Bosman is in die Kuruman-landdroshof met ʼn waarskuwing vrygelaat en moet weer op 26 Oktober in die hof verskyn.

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Swerwer ·

Hoop hy word swaar gestraf op 26 Oktober 2021 as hy gaan opdaag.

Di ·

Kan dit nie verstaan nie – Hulle los net mooi NIKS uit nie, sal enige iets verkwansel vir geld. GEEN liefde vir die natuur en diereryk

Skappie ·

Soos wat gaan hulle volgende wil verkoop. Ai, die mensdom.

gpsa ·

Kry die arme dier jammer. Die skubbe was veronderstel is om hom veilig te hou is nou sy grootste gevaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.