Man in hof wat drie vroue doodry

Argieffoto ter illustrasie

Die 53-jarige Simon Phukhubye het Maandag vlugtig in die Seshego-landdroshof verskyn op aanklag van dronkbestuur, strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur.

Phukhubye is die afgelope naweek in hegtenis geneem nadat drie vroue dood is toe hy Saterdagoggend in ʼn groep van vyf vroue in Limpopo ingeploeg het.

Die drie vroue is op slag dood en twee ander is in ʼn ernstige toestand na die hospitaal geneem. Die vroue is tussen 26 en 46 jaar oud.

Volgens lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het hulle glo vir vervoer gestaan en wag om ʼn politieke byeenkoms in Seshego by te woon toe die man hulle getref het.

Ngoepe sê die saak teen die man is uitgestel tot 28 Mei. Hy is intussen vrygelaat op R1 000 borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Bertus F ·

Ok nou sal ons hoor die drywer was dronk en roekeloos. Ek trek dus my komentaar van dat die vrouens dalk in die pad gestaan het, terug. Drank is ʼn groot euwel, maak nie saak of dit Wit of Swart slagoffers was nie. Sterkte aan die slagoffers se famillie.

Lollie ·

Hy word gevang vir dronkbestuur, roekeloos en nalatige bestuur, verantwoordelik vir 3 se dood en 2 ernstig beseer en word op borg vrygelaat en geen haan kraai daaroor nie! In ń ander geval, wat die skuldiges nie so baie dinge teen hulle het nie, word huise afgebrand, due dorpie in chaos gedompel ens.ens………. Wat is die verskil!? Sal maar nie verder daaroor uitwei nie

Chris Ws ·

Die regstelsel is siek.Indien hy onder die invloed van drank bestuur het moes hy geen borg gekry het nie en hy moet van moord aangekla word nie strafbare manslag nie.

Adam ·

Die aanklag kan nog steeds gewysig word na een van moord, afhangende van wat die ondersoek oplewer en die senior staatsaanklaer beslis.

Scalla ·

Onder die invloed reeds in die oggend of is dit dalk nog van die vorige aand se gefuif, op grond van wat het hy borg gekry? Hoekom was daar nie getoi toi by u die hof nie, Sterkte aan die mense betrokke

Klug ·

Net n R1000 borgtog toegestaan???? Wat n klug!!! Terwyl Colliny se twee baaaaaie meer moet betaal!!! Laat mens dink

w ·

Wat n skande van die gereg se kant. Drie onskuldige vroue sterf en die gemors betaal R1000 borg. Sies vir di staat

kobie ·

Dit is glad nie vir my vreemd dat 3 vroue doodgery word nie, mens sien amper elke dag bestuurders met drank in hulle hande ry. Dit word nie eers skelm gedoen nie en ek het al polisie gesien wat hulle koppe wegdraai en maak of hulle niks sien nie.
Die man het dalk nog bo en behalwe dat hy onder die invloed bestuur het nie eers ‘n geldige lisensie nie!!!!!!!!!!!

EJ ·

Dadelik uit. R1000.00 Dit maak my siek. Hulle gaan hom nooit weer sien. Ry 3 dood, maar as dit ek was eish ek weet nie dan het dit weer getoy toy of alles af gebrand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.