Man in hof wat glo 9-jarige verkrag

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn 32-jarige man het vandeesweek in die Excelsior-landdroshof in die Vrystaat verskyn nadat hy na bewering sy negejarige susterskind verkrag het.

Sers. Martin Xuma, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak teen Sello David Moqatholo is na 28 Augustus uitgestel.

Volgens Xuma het die beweerde voorval op 9 Augustus gebeur toe Moqatholo saam met sy twee susterskinders in ʼn slaapkamer in die huis geslaap het. Moqatholo het omstreeks 21:00 na bewering een van die meisies begin verkrag. Haar niggie het gesien wat gebeur en uit die kamer geglip om haar ma te roep wat Moqatholo glo op heterdaad betrap het.

Die polisie is ontbied en Moqatholo is in hegtenis geneem. Die slagoffer is na ʼn hospitaal geneem, het Xuma gesê.

Die saak teen Moqatholo is uitgestel omdat daar nog op die uitslae van DNS-toetse gewag word. Hy is steeds in polisieaanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

BANG JAN SE VROU ·

Diefstal, verkragtings, moord: Maroela hoef nie meer daaroor te berig nie want ons weet hoe hulle leef en dat dit nie ongewoon is dat ‘n ou vrou van 95 of ‘n jong kind van 5 verkrag word nie. of nog verder: ‘n nuussberiggie uit ‘n verre VSA of China, of soiets.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.