Man in hof wat glo identiteitskaarte verkoop

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man het Vrydag in die Brits-landdroshof in Noordwes verskyn op aanklag van bedrog nadat hy glo onwettig identiteitskaarte verkoop het.

“Aibi Simon Pelle (46) bly in aanhouding tot sy formele aansoek om borgtog op 5 Augustus,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, gesê.

Pelle, van Letlhabile naby Brits, is op 22 Julie op ʼn plaas in Assen in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn skootrekenaar, drukker en lamineermasjien by hom gevind het. “Tydens die inhegtenisneming is daar bevind dat die beskuldigde onwettig identiteitsdokumente en geboortesertifikaate vervaardig en dit aan Malawiërs en Mosambiekers verkoop het,” het Mokgwabone bygevoeg. Die man het na bewering die identiteitskaarte in Assen, Kameeldrift en Krokodilplaas verkoop.

“Volgens die voorlopige ondersoek het die verdagte ook ʼn hangende bedrogsaak rakende ʼn voorval in Desember 2014 in Mpumalanga, waar dieselfde modus operandi gebruik is om valse dokumente aan uitlanders uit te reik,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

Hoe aan die slaap is ons howe!! Dat ‘n man vir DIESELFDE misdaad gearresteer is en dit met ‘n HANGENDE BEDROGSAAK teen hom!!!

George ·

Kan die man nie maar aangehou word nie, sodat die samelewing kan rus van hom?

Johann Marx ·

Seker maar gearresteer omdat hy geweier het om die “poliesman” ook sy “cut” te gee? Hier in Johannesburg doen hulle dit sommer by die Dept van Binnelandse Sake….vir so R4 000,00. Dit werk so: “Jy betaal ‘n “Johannes” daar binne die helfte van die geld vooruit…en hy gee vir jou ‘n matrieksertifikaat van ‘n skool in die voormalige TBVC lande (wat nie meer bestaan nie). Dan help hy jou om aansoek te doen vir ‘n “wettige” ID dokument of paspoort (want jy darem ‘n “matrieksertifikaat wat wys dat jy in Suid Afrika gematrikuleer het). By ontvangs van die nodige dokumente, betaal jy dan die uitstaande R2 000,00….en voila!! Jy kan “stem”, jy kan “‘n job” kry, jy kan ‘n “government contract” kry, jy kan staats-subsidie kry”, jy kan “skuld” maak, jy kan “grond koop”, jy kan “social grants” kry……..jy’s in die paradys!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.