Man in hof wat glo JHB-vrou voor dogtertjies vermoor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy Annemarie van Zyl, ʼn winkeleienaar van Kempton Park, voor haar kinders vermoor het, se aansoek om borgtog is van die hand gewys.

“Clement Kgothatso Ramawela (25) bly in aanhouding nadat sy aansoek om borgtog in die streekshof in Kempton Park afgekeur is,” het die hofklerk Sechaba Mabena Donderdag gesê. Die saak is tot 16 April uitgestel om die direkteur van Openbare Vervolging die geleentheid te bied om verdere opdrag in die saak te gee.

Ramawela is op 8 Maart in hegtenis geneem. Hy is glo ʼn voormalige werknemer van Van Zyl se winkel in Newtonstraat, het kapt. Jethro Mtshali, woordvoerder van die polisie, in daardie stadium gesê.

Hy het die Saterdagoggend omstreeks 07:30 die winkel betree, en Van Zyl ʼn paar keer met ʼn skerp voorwerp aangeval. Hy het ʼn onbekende hoeveelheid kontant gebuit.

Van Zyl se twee dogters, onderskeidelik ses en agt jaar oud, was in die winkel toe die voorval plaasgevind het. Die agtjarige het hulp ontbied net nadat die man die winkel verlaat het. “Lede van die polisie was gelukkig daar naby op patrollie en het die man gesien. Hy is in hegtenis geneem,” het Mtshali gesê. Die man se hande was nog met bloed bevlek.

Ramawela is aangekla van sakeroof en moord. -SAPA

Lees ook:
JHB-vrou voor dogtertjies vermoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AmY ·

Gaan hulle hierdie saak ook wêrelwyd uitsaai soos Oscar s’n? Na alles, sy het tog haar aanvaller geken en vertrou?

En nou wil ek ook weet: Gaan die ANC se vroueliga ook die hofbanke volsit met die saak? Of gaan hulle ‘skitter in hul afwesigheid’?

Net nuuskierig om te sien wat hier gaan gebeur.

Babs ·

Stem saam Amy. Ramawela se velkleur tel natuurlik in sy guns. ANC juig wanneer hulle van so-iets hoor.

Jasper ·

Ek hoop n swerm radioaktiewe muishondbollie tref hom teen die spoed van weerlig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.