Man in hof wat glo lewendige renoster onthoring

Argieffoto

Argieffoto

’n Mosambiekse man wat daarvan beskuldig word dat hy ’n witrenoster onthoring het terwyl die dier steeds geleef het, het Donderdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn.

Jonas Makhubela (24) is op 31 Maart deur natuurbewaarders in die Mjokwane-gebied in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem op aanklagte daarvan dat hy oortree en ’n witrenoster onthoring het. Die hof het gehoor dat Makhubela se medepligtige daarin geslaag het om met die renosterhoring en die vuurwapen wat in die misdaad gebruik is oor die grens na Mosambiek te ontsnap. Makhubela is nie gevra om te pleit nie.

Isbet Erwee, aanklaer, sê dit was een van wreedste voorvalle van stropery nog aangesien die verdagtes die renoster se horings afgekap het terwyl hy nog geleef het. “Die bewaarders moes die renoster uitsit nadat die beskuldigde en sy medepligtige sy gesig afgekap het terwyl hulle hom onthoring het. Hy het steeds geleef toe bewaarders hom gevind het.”

Erwee sê Makhubela het na sy arrestasie die wildbewaarders na die toneel gevat waar hulle die renoster gelos het.

Die saak is tot 26 Mei uitgestel vir verdere ondersoek. Makhubela bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Shannon ·

Nou dat julle die spel foute gedokter het, hoeveel pataal hulle julle ?

andrea van vuren ·

Ek wens die regering (?) wil meer aandag gee aan grensdrade en onwelkome indringers. Dan sal onsn diere ook veiliger wees. Hoé moes die arme dier nie gebrul en gekrul het van die pyn nie. Ag nee wat!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.