Man in hof wat glo onderwysdepartement bedrieg

Owen Bruce James (Foto verskaf deur die Valke)

Owen Bruce James (41) het in ʼn hof in die Oos-Kaap verskyn op aanklag van bedrog en diefstal.

Lwando Zenzile, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê James is Sondagaand in Turffontein in Johannesburg aangekeer deur die Oos-Kaapse Valke wat ernstige handelsmisdade ondersoek ná die Zwelitsha-landdroshof in Maart 2016 ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik het. Hy het Dinsdag vir die eerste keer in dié landdroshof verskyn.

“Die Oos-Kaapse departement van onderwys het op 30 April 2010 ontdek dat daar 14 bedrieglike transaksies gedoen is waar betalings aan vier skole gemaak is. Die bankbesonderhede was egter nie dié van die regmatige begunstigdes van die departement nie. Die interne betalingsprosedures is glo ook omseil,” het Zenzile verduidelik.

ʼn Ondersoek het aan die lig gebring dat een van die bankrekeninge aan James behoort. “Ongeveer R600 000 is glo in sy persoonlike bankrekening inbetaal en die geld is op 1 April 2010 onttrek.”

James moet op 18 Februarie 2020 weer in die hof verskyn vir sy aansoek om borgtog. Hy bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Misky ·

Hoekom vat die saak so lank om afgehandel te word? Die man lewe in weelde en luuksheid en lag vir die gereg. Daai geld is lankal spandeer en gaan ook nie terugbetaal word nie. Klugspul man!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.