Man in hof wat glo vrou, twee kinders doodkap

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

ʼn 73-jarige man het Dinsdag in die Pietermaritzburg-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn nadat hy glo ’n 46-jarige vrou en haar twee kleinkinders vermoor het.

Die voorval het glo Maandag omstreeks 02:00 in die Hopewell-nedersetting, digby Thornville in Pietermaritzburg, plaasgevind.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, sê die man en vrou het ʼn onderonsie gehad waarna hy glo die vrou en haar twee kleinkinders, onderskeidelik vyf en agt jaar oud, met ʼn panga aangeval en doodgekap het.

Die man is ná die voorval in hegtenis geneem en het in die hof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cherokee ·

Om as mens te kwalifiseer, behoort ‘n spesifieke beskawingspeil gehandhaaf te word.

Debbie ·

Wat gaan aan met die mense in ons land? Is daar glad nie meer liefde vir jou mede mens nie. Ek dink die Here kyk af en huil oor wat hier aangaan

Persheks Adri ·

Ek’t wragtag nie meer woorde nie dis asof almal nie lekker is nie! Hoe doen mens dit?

Androclus ·

Nee wat hy wag al weer vir borg,hoe kan so ‘n persoon nog borg kry,maar kry gaan hy.SA regstelsel is ‘n gemors.

Agter die skerms ·

Debbie, ek stem saam met jou. God kyk af na almal en se net Wat doen julle. Want waar in ons oue lewe al is ek net 52 het sulke dinge net normaalweg gebeur, en dat mense dit net as normaal aanvaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.