Man in hof wat staat glo uit meer as R15 miljoen bedrieg

(Argieffoto: Maroela Media)

Pragasen Pillay (68) is Maandag deur die Valke se eenheid in Durban, wat ernstige korrupsie ondersoek, in hegtenis geneem in verband met bedrog in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Pillay word daarvan beskuldig dat hy die departement van openbare werke bedrieg het deur ʼn huurooreenkoms aan te gaan om 19 onderdakparkeerplekke vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Pietermaritzburg te verskaf. “Die huurooreenkoms was vir vyf jaar en hy het slegs ses parkeerplekke verskaf, alhoewel hy 19 geëis het.” Hy het na bewering ʼn eis ingedien van R15 260 689.

Pillay het vlugtig in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Durban verskyn. Hy is vrygelaat op borgtog van R5 000. Die saak is tot 7 Mei 2021 uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pampoen ·

Selfs al was dit 19 plekke, dan vra die ou R13 000 per maand vir een parkeerplek.

Helen ·

Ek dink wat in hierdie geval nog erger is, is die feit dat die departement R13 000,00 huur per maand vir een parkeerarea betaal het. Die meeste mense in SA kan nie eens R1300 huur vir ‘n blyplek bekostig nie!

Misky ·

Die staat is bereid om meer as R13 000 p/mnd vir n enkele parkeerplek te betaal….. Wat de hel man!!!! Daai een wat dit goedgekeer het, moet saam toegesluit word, want dis niks minder as diefstal nie

Tiptol ·

R10, R100, R1000 R100 000, R1 000 000. Maak nie saak nie. Hulle ken nie die verskil nie. Miljoen, Biljoen…. Dis kleingeld. Daars baie waar dit vandaan kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.