Man in hof wat tweejarige keelaf sny

Argieffoto

Argieffoto

Kgabo Masiya, die 32-jarige man van Limpopo wat daarvan verdink word dat hy verlede week glo ʼn tweejarige seuntjie keelaf gesny het met ʼn gebreekte bottel, het Dinsdag vlugtig in die Polokwane-landdroshof verskyn.

Masiya is nie gevra om te pleit nie, en die saak is uitgestel tot 11 Junie vir Masiya om ʼn regsverteenwoordiger te kry.

Masiya is Sondag deur die Limpopo-polisie in hegtenis geneem nadat hy die polisie vir byna ʼn week lank ontduik het. Hy is by ʼn familielid se huis in Moletjie, buite Seshego in Polokwane, vasgetrek.

Maroela Media het verlede week Woensdag berig die verdagte het glo sy meisie (27) se tweejarige kind teen ʼn muur gestamp en hom keelaf gesny met ʼn gebreekte bottel. Die man het glo ook ʼn tienerseun in die kop gesteek toe hy probeer ingryp het.

Die seuntjie het verlede week Dinsdag in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Die tienerseun is by dieselfde hospitaal behandel en is intussen ontslaan. – SAPA

Lees ook:
Man vas wat tweejarige keelaf sny
Man soek na hy tweejarige keelaf sny

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Dis darem verskriklik wreed. Daai man moet betaal vir sy aaklige dade. Gee hom borg en laat hom los in die gemeenskap dat hulle met hom afreken.

Jammer, ek weet dit klink wreed, maar hy moet betaal vir sy dade en vandat die doodstraf afgeskaf is, is tronkstraf vir sulke dade nie goedgenoeg vir my nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.