Man in hof wat vrou op plaas verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 26-jarige man sal na verwagting Maandag in die Rustenburg-landdroshof in Noordwes verskyn nadat hy Saterdag glo ʼn vrou op die Bochfontein-plaas naby die dorp verkrag het.

“Die slagoffer het in haar huis geslaap toe sy wakker word en die verdagte saam met haar in die bed betrap, waarna hy haar glo verkrag het,” het kapt. Pelonomi Makau, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

Die man het glo toegang tot die huis verkry deur die vrou se deur oop te breek.

“Die slagoffer het aanvanklik gedink dit is haar kêrel, maar het besef dit is ʼn ander man. Die vrou het die verdagte herken en hy het daarna van die toneel gevlug.”

Die man is Saterdagmiddag in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marietjie ·

Ek weet darem nie hoe ‘n mens so vas slaap dat jou deur eers afgebreek word en ‘n vreemde persoon daarna in jou bed kom klim voor jy wakker word nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.