Man in hospitaal doodgeskiet

Argieffoto

Die polisie stel ondersoek in ná ʼn 34-jarige man in die Emalahleni-hospitaal in Witbank, Mpumalanga, doodgeskiet is.

Die slagoffer is aanvanklik Woensdagaand omstreeks 21:50 opgeneem in die hospitaal met skietwonde aan sy bors. “Volgens inligting tot die polisie se beskikking was die slagoffer Saterdagaand omstreeks 18:45 in ʼn hospitaalsaal saam met ander persone toe die verdagte die saal betree het,” het brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die slagoffer het glo die man herken en hulle het dadelik begin baklei. Die bakleiery het in die gang in beweeg. Die verdagte het ʼn vuurwapen te voorskyn gebring en die slagoffer ʼn paar keer geskiet. Hy het daarna die hospitaal verlaat.”

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval veroordeel en gesê die polisie sal nie rus totdat die oortreder agter tralies is nie.

“Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Enigiemand met inligting word versoek om 10111 te skakel of kontak Crime Stop anoniem by 08600 10 111.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
KrokodilBotha

Met die stand van gesondheids dienste , en swak diens …………

emily

Nou waar is die kameras, Swak hoor baie swak.

HPV

Ons moes tydens ons diensplig doodsakkers betree en veg sodat die land nie in ‘n doodsakker verander nie, ons was duidelik onsuksesvol.

Vra net

Dis kommerwekkend. Is daar nie sekuriteit nie? Daar word verwys na ander mense in die saal. Kon hul nie alarm maak nie? Sjoe!!

David Potgieter

Klink soos ‘n Steven Seagal fliek!