Man in hospitaal ná bye hom takel

Paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn Man, vermoedelik in sy 40’s, is in ʼn ernstige toestand na ʼn Johannesburgse hospitaal geneem nadat hy Maandag verskeie kere deur ʼn swerm bye gesteek is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het by ʼn huis in Florida Glen in die weste van die stad plaasgevind.

“Toe paramedici by die huis aankom, het die man hulle vanuit ʼn nabygeleë tuin genader. Hy is ondersoek en paramedici het gesien hy is verskeie kere gesteek en in ʼn ernstige toestand,” het Meiring gesê.

Die man is op die toneel behandel en pynmedikasie toegedien voor hy met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Vra maar net... ·

Een persoon is aangeval deur n swerm bye en ek tel tenmunste 5 ER voertuie op die toneel. Hy het sekerlik n koninklike mediese fonds…. vra maar net…

Hoe werk dit? ·

+-5 ER voertuie op toneel waar 1 persoon deur bye aangeval is… Wat maak almal, tog sekerlik kan daar NET soveel bystand gegee word of hoe?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.