Man in huis buite PE doodgeskiet

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

Polisie in Algoapark in Gqeberha (Port Elizabeth) is op soek na twee verdagtes wat na bewering Sondag twee mans geskiet het. Die verdagtes het een van die slagoffers glo tot in sy huis agtervolg en hom dáár doodgeskiet.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, is ʼn 22-jarige man om 16:30 deur twee verdagtes in sy bobeen in Missionvale, ʼn buurt buite Gqeberha, geskiet.

“Die beseerde man se vriend (30) het na sy huis gevlug in ʼn poging om die verdagte te ontduik. Die verdagtes het hom egter agterna gesit en hom tot in sy huis gevolg.”

Die man het toe deur ʼn venster in sy huis gespring en deur die dak van ʼn sinkhuis geval. Die verdagtes het die slagoffer menigte kere in die sinkhuis geskiet en hy is op die toneel dood.

Polisie is in hierdie stadium nog op soek na die verdagtes en ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord.

“Die polisie doen ʼn beroep op die publiek om na vore te kom met enige inligting oor die verdagtes. Kontak Errol Kleinhans by 082 302 6419 of die Algoa-polisiestasie by 041 401 1061 met enige wenke.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Samuel ·

Moord en doodslag is so alledaags in SA. Mens wonder soms moet daar werklik daaroor verslag gedoen word? Is daar dan geen goeie nuus meer nie, of verkoop dit nie?? Misdaad in enige vorm sal ook nie afneem met ons treurige wetstoepassers nie.

Keelvol ·

Samuel, misdaad sal nie afneem met so baie wetsongehoorsame landsburger wat nie eers by n stopstraat kan stop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.