Man in huis doodgeskiet toe hy gesin probeer beskerm

Argieffoto

ʼn Man in sy 30’s is Woensdagaand in ʼn huis in Edenvale aan die Oos-Rand doodgeskiet toe hy sy gesin teen rowers wou beskerm.

Kapt. Jean Olckers, woordvoerder van die Edenvale-polisie, het Donderdag aan Maroela Media gesê ʼn vrou, ook in haar 30’s, het buite die huis in 5de Laan gestaan toe sy omstreeks 20:30 drie verdagtes buite die erf opgemerk het.

“Die vrou het hulp ontbied en geskreeu. Die verdagtes het toegang tot die perseel verkry terwyl die man, wat binne die huis was, die verdagtes genader het om die vrou en sy ma, in haar 70’s, te verdedig,” het Olckers gesê.

Die man het in ʼn stoeiery met die verdagtes betrokke geraak, waartydens hy en sy ma geskiet is. Die verdagtes het klein besittings gegryp en op die vlug geslaan.

Die man is op die toneel dood. Volgens Tebogo Magoro, woordvoerder van Netcare 911, het die man verskeie koeëlwonde opgedoen. “Paramedici het probeer om hom by te bring, maar sy beserings was te erg,” het Magoro gesê.

Die man se ma is in albei haar bobene geskiet. Sy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof, moord en poging tot moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Ons volg alle leidrade op en versoek die publiek om met inligting na vore te kom wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan,” het Olckers bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Laaste ·

Hierdie is die laaste dae voor Christus se koms. Wees gereed. HY is al een wat ons van hierdie Sodom en Gomorra gaan red.

Albaster ·

Wees gereed met n wapen en veiligheidsmaatreels om jouself te verdedig op aanval wat enige tyd met enigiemand kan gebeur, dis al waarvoor ons gereed moet wees. Daar kom nie hulp van elders nie.

johan ·

Laaste dae ? Asseblief word wakker ! Niemand en niks gaan Sodom en gemorra van die aarde verwyder nie terwyl GELD EN MAGSIG die mensdom se afgod is.

Olson ·

Blyk moord is nie meer n misdaad nie maar n guns aan een of ander sidikaat.

Anoniem ·

Dit hou net dood eenvoudig nie op nie hier sal drasties iets gedoen moet word inhierdie land en sy aanslap op ons nasue HELP!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Willie ·

RAMAPOSA ek daag jou uit om iets te se oor die moored? Of bly jy stil soos met Zuma?

Schalk ·

Sal dit nie wonderlik wees as een van hulle opstaan teen hierdie sinnelose moorde nie. Om Ramaposa uit te daag om iets te se, is baie gevra. Hulle sal hulle nie uitspreek oor dinge wat hulle goedkeuring wegdra nie.

Schalk ·

Sal dit nie wonderlik wees as een van hulle opstaan teen hierdie sinnelose moorde nie. Om Ramaposa uit te daag om iets te se, is baie gevra. Hulle sal hulle nie uitspreek oor dinge wat hulle goedkeuring wegdra nie.

Chardine ·

Sal hulle ooit gevang word intussen sit ons met stukkende harte. Rus sag Jaco

Peet J ·

Watter plekke is Sodom en Gemorra in die nuwe Suid-Afrika ?

Jakoba ·

Wel ontevrede nou kom jy met ‘n beter voorstel. Baie keer weet die publiek wie die moordenaars is en kan hulle anoniem ‘n tip gee. Wat is verkeerd daarmee as die polisie vra persoonlike dink ek daar is niks mee verkeerd nie. Gaan jy stilbly en nie inligting gee nie as jy weet jou buurman is die moordenaar net omdat jy spiteful wil wees.

Hannelie ·

Sodom en Gemorra is ongelukkig ons eens vreedsame en mooie Suid-Afrika. Die hele land met sy wettelose regering en ministers wat nie ‘n flenter omgee of nog ‘n lewe sinneloos afgemaai word nie. Want deesdae is dit die inding om moord te pleeg, want jy gaan NIKS oorkom nie.
Ons moet ons regmaak vir Hom. Dink dis vinniger as wat ons gedink het.

Geen Hoop ·

Laaste jy is reg. Ek se al baie lankal daar is geen uitweg meer vir ons nie. Die enigste wat ons uit hierdie ellende kan red is die wederkoms. Kom Here Jesus kom, ja kom haastig.
Amen.

DIS SUPER ERG ·

EN DIE MOORD OP BLANKES DUUR VOORT, aangevuur deur JULIUS MALEMA en goedgekeur deur die REGSBANK en POLISIE .. polisie staan terug en doen nie arrestasies nie en die regsbank bevind hulle ONSKULDIG of laat hulle vry .. HOEKOM word dit toegelaat? JY skiet ‘n ou tannie van 70 in die bene nadat jy haar seun doodgeskiet het EN JY IS DIE HERO? Jy kry seker ook ‘n lekker VETERAAN PENSIOEN uit MY belastinggeld uit???

Ongelukkig ·

Dis vreeslik hoeveel hartseer moet ons verduur. Wat van al die vorige midadigers
hulle loop alweer vry rond. En ons ? Ons mag nie n woord sê nie of jy word gearresteer.
Innige meegevoel aan almal. Bid vir vertroosting

Antoinette ·

Stem 100%. Bid alleen gaan NIE help nie. Ons sal daadwerklik moet ingryp om dit te bestry. Die buiteland gee nie ‘n bloue duit om nie, kyk eenvoudig anderkant.

Ek het twee seuntjies ouderdomme 6 en 8, en kan hul nie eens na werk na die park oorkant ons huis neem om te speel nie, dis te gevaarlik. Wens elke dag ons kon emmigreer om hul elders ‘n behoorlike kinderlewe te gee. Ons nasie lewe soos kluisenaars.

My innige meegevoel en simpatie aan die naasbestaandes. Ons gedagtes is met jul.

Johan ·

Ken jy die Here?…As die Here God ons vooruitgan, sal ons doodstil sit en dit net aanslou wat Hy gedoen het…die probleem is, ons almal se geloof is te klein..
Net die Here alleen kan omstandighede verander…
My hart gan uit na die familie van hierdie aanval toe,
Vrede vir julle

Casper Labuschagne ·

Manie, ek stem saam. Ek sê prys die Heer en vertrou absoluut op Hom, maar daarby hou ek ook ammunisie byderhand. Dit raak nou belangrik om te kyk na die vele videogrepe op Youtube oor die slagting van witmense in die Congo in die 1960’s. Een ding is verseker, ek gaan nie soos die Belge biddend op my knieë vermoor word nie.

Mark ·

God help net n nasie wat homself help. Jy sal bid to jy sterf. As jy nie wakker word nie aanbid jy mitologie dis ma al.

Johan ·

Ken jy die Here?…As die Here God ons vooruitgan, sal ons doodstil sit en dit net aanslou wat Hy gedoen het…die probleem is, ons almal se geloof is te klein..
Net die Here alleen kan omstandighede verander…
My hart gan uit na die familie van hierdie aanval toe,
Vrede vir julle

Casper Labuschagne ·

Ek volg veel eerder Sarel Cilliers se strategie waar hy (soos weergegee in Coert Steynberg se standbeeld in Kroonstad) met ‘n Bybel in die hand bo-op ‘n kanon staan en bid. Jy is reg dat ons geloof te klein is, maar dit is hoekom ons ook die vermoë ontvang het om ons omstandighede na gelang van die Here se wil te verander.

PJC ·

Enige ongewapende blanke in hierdie land is ń “sitting duck”. Slegs die wat die nodige veiligdeidsmaatrĕels tref en ook goed bewapen is het ń kans om te oorleef.

OJ ·

Kan julle asb julle negative komitaar los en liewer aan die familie dink wat now swaar kry.
Dis nie die tyd vir politiek nie

CM ·

Wat soek hierdie ouens in ander mense se erwe daai tyd van die aand? Om met vuurwapens in te gaan waar hulle nie genooi is nie, en dit word gedoen met die doel om lewens te “vat” ? En dit vir ‘n paar klein goedtjie wat gevat is?

Hulle kom deesdae almal met handskoene aan (gaan kyk op youtube, baie sulke video van CCTV systems af), so daar is geen vinger afdrukke nie, hoe gaan die polisie hulle ooit gevang kry nou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.