Man in huis doodgeskiet

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Man is Donderdag in die hospitaal dood nadat hy vroeër die dag in sy huis in Boksburg in die ooste van Gauteng aangeval en in die kop geskiet is.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die nooddienste het die man bewusteloos in sy slaapkamer aangetref nadat hulle deur ʼn inwoner in die buurt in kennis gestel is.

Volgens Meiring het die man nog geleef en is hy per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

Hy sê nooddienspersoneel moes twee keer kardiopulmonêre resussitasie op die man uitvoer toe sy hart gaan staan het.

“Hy is aan die mediese personeel by die hospitaal oorhandig, maar het later die dag aan sy beserings beswyk,” sê Meiring.

Die motief vir die moord is nie in dié stadium bekend nie. ʼn Ondersoek na die voorval is Donderdag van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Vryheid ·

RSA- Daaglikse nuus. KORRUPSIE MOORD EN DOODSLAG- RSA – RIP

Pieterlewismuts ·

As die skoot deur booswigte geskiet is, kan hy nie skiet nie en is die.slagoffer ongelukkig in die kop getref. Vuurwapen is dan opgetree voordat skoon gebeur is. Die borders is n groter teiken en word makliker raak geskiedenis. Die scenario dui op ongelukkig einde van onbeholpenheid.

Die scenario aan die ander kant, sal iemand wat homself wil skiet eerder na die kop mik as na die bors.

Ek skets twee scenarios sonder voor oordeel. Ek het geen beter inligting as in berig genoem.

Brabus ·

Goeie genade PIETERLEWISMUTS ek twyfel jy het gelees wat jy gekryf het voor jy dit geplaas het.

Deon ·

Vryheid – meer waar as dit kan dit nie wees nie. Wie kan met reg trots wees om te se dat ons in Suid Afrika bly. Die regering die skeppers van dit waarmee ons opgeskeep sit. Besluite soos, wegdoening van die doodstraf, oopgooi van grense, swak en geen beheer, haatspraak teen die “Blanke” alles bydraende faktore tot moor, plunder ens ens. Alle families waar daar n familielid, vermoor, geskend ens is moet siviele eise teen die staat begin insit. Waar is ons reg tot veiligheid as burgers van die land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.