Man in huisroof doodgeskiet

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 36-jarige man is Saterdagoggend tydens ʼn huisroof in Westville in Durban doodgeskiet.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het aan Maroela Media gesê drie verdagtes het omstreeks 05:00 inwoners van ʼn huis in Duncanrylaan oorval.

“Die verdagtes het na bewering die man geskiet voor hulle gevlug het met juwele, motorsleutels, selfone en ʼn beursie,” het hy gesê.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man het nog gelewe toe paramedici by die huis opgedaag het. “Paramedici het nagenoeg ʼn halfuur gepoog om die man te stabiliseer, maar dit was tevergeefs. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Botha gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die man se naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Marianne ·

Waarom die man skiet????? Dit dien geen doel nie! Ek voel jammer vir sy naasbestaandes, geroofde goedere kan vervang word. ‘n lewe nie.
Die doodstraf moet terug gebring word om Suid Afrika te beskerm…
Ek glo nie die ware misdaad syfers is ge-openbaar nie!

James Lishman ·

Ek stem saam die doodstraf moet terug kom dit het in die verlede baie gehelp om boewe 2x te laat dink

Rapes ·

Vergeet maar daarvan die doodstraf sal nooit terug kom nie. Elke persoon sal homself moet beskerm deur jou woning in ‘n tronk te verander. Skaf vir jou ‘n op en wakker hondjie aan om jou te waarsku en laat die voor jou bed slaap. Bewapen jouself en maak seker jy’s wapen vaardig.

bendons ·

Die twee hondjies werk soos ‘n bom. Ons het twee Yorkies en hulle is ons alarm. Wees dan ook gekoppel aan sekuriteit met panik butens ooral.
Ons meegevoel aan almal daarbuite wat al deurgeloop het.

KarooKlong ·

Rapes, daai is goeie raat. Die honnekinners en die vleeplak.

rudi ·

Dankie Maroela Media omdat jul die enigste nuusblad in die land is wat nog sinnelose moorde plaas. Soms word mens siek van al die slegte nuus maar dit is die enigste manier hoe mens nog in kontak bly met realiteit. Jul plasings maak mens meer bewus van die gemors wat op die strate dwaal. Die enigste oplossing is n regering wat die tronke baie slegter maak om na toe te gaan. Hul moet handearheid heeldag doen met min kos en niks selfone tv of wifi nie.

Dirk ·

Ek stem Rudi. Waar jy gesien privaat spyseniers maak kos vir gevangenes? My en j tax geld sodat n krimineel soos n koning kan eet.

g..vol vi Govt ·

Statistieke glo ek is liegstories. Nie eers op radio en tv hoor ons van al die moorde nie. Govt stel net daarin belang om hulself te verryk. Ons Burgers se lewe en veiligheid beteken vi hul minder as nix

William ·

Ek dink ons moet ons belastings weerhou. Maak ons huise veilig en beveilig onself met daardie geld. Die regering doen niks en gee nie om vir ons nie. Ons geld word gebruik om vir hulle veiligheid te verseker

Cherokee ·

Goed Willem, goeie wenk. Jy begin daarmee en stel die voorbeeld. Dan doen jy ‘n artikel vir Maroela oor hoe dit uitwerk.

Liewe heksie ·

Die tax gelde vir ons eie beveiliging klink goed maar wil ons regtig SARS in ons nekke laat blaas ek glo nie so nie hul het die mag om als onder jou g@$ te verkoop en dan word jy nog hard met penalties geslat so hou daai ingedagte makliker gesê as gedaan So jammer dat n mens se lewe niks werd is nie RIV

Cherokee ·

Toevallig het ek die grootste deel van vandag gespandeer in Westville. Dit is tragies dat sulke dinge gebeur. Die wenke vir wees gewapend en hou keffertjies aan is natuurlik waardevol maar male sonder tal sê ek in hierdie forum dat julle traliehekke in die gang wat na die slaapkamer lei moet hê. Die kombinasie van ‘n vuurwapen, traliedeur in die gang en klein keffertjie is onverbeterlik. Mevrou, as daardie hek nog in die gang is nie, vat jou man aan sy nekhare en verduidelik dat jy dit wil hê.

KarooKlong ·

So terloops, waar kom jy aan die nekhare?
Dink jy ons mans hardloop almal soos jy op die deben julaai?

PMB ·

Dit is tragies dat ons onsself moet toe sluit agter tralies en honde binne huis moet aanhou. Ons regering is totaal “useless” om die probleem vas te vat!

LeonR ·

Ja, en as die die betreder tref word jy van moord aangekla. My wapen is gevat en ek verskyn Woensdag die 7de weer op aanklag van moord, ja, die lid het het nie geweet ek is gewapen nie.

Cherokee ·

Nou waarom Leon, word somtyds doodsondersoeke gedoen en ander tye aanklagte van moord? Is die kriteria by die ondersoeker of is dit by besonderhede van die insident? Wanneer kan jy selfbeskerming pleit en wanneer is die perke van selfbeskerming oordryf? Daar was tye gelede ‘n artikel (miskien hier?) êrens wat geskryf is deur iemand wat geklink het na ‘n ingeligte oor die onderwerp en ek dink dat dit absoluut van pas sou wees indien iemand wat (werklik) weet weer so ‘n artikel die lig sou laat sien. Die man op straat het so ‘n gevoelentheid dat die erns van die klag lê by die stasiebevelvoerder en sy politiek.

Andrea ·

Sterkte, LeonR! Maar as jy nie die vuilgoed geskiet het nie, het jou mense nou oor jou gerou. Nogmaals sterkte!

KarooKlong ·

LeonR, baie geluk met jou verjaarsdag. Trots op jou. Sterkte, dit klink erger as wat dit regtig is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.