Man in koma ná olifant hom aanval

Argieffoto

Argieffoto

‘n Werknemer van die Timbavati-wildreservaat se Kambaku River Sands-kamp in Mpumalanga is in ‘n koma nadat hy deur ‘n olifant aangeval is, het Beeld Saterdag berig.

Bryce Landsman, eienaar van die kamp, het aan die koerant gesê dat Louis Mkhatshwa (52) Woensdag ernstig beseer is deur die olifant. Landsman wou nie uitwei oor die presiese omvang van sy beserings nie.

“Daar was nie ‘n ooggetuie nie maar toe ek gehoor het iets is aan die gang, het ek gaan kyk,” het Landsman aan die koerant gesê.

Landsman het die nooddienste ontbied en ‘n ambulans het Mkhatshwa na die Tintswalo-hospitaal in Acornhoek geneem waar hy gestabiliseer is. Hy is hierna per helikopter na Nelspruit vervoer. – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elizabeth ·

Ja en dan word die sotlike dom bewaarder wat die olifante uit mekaar verjaag het waarvan daar ‘n video as bewys ingedien is, oor gesien as dat hy nou nie reëls oortree het nie. DIS hoekom olifante se koppe uithaak – mens weet nie hoeveel ander sulke goed gebeur waar nie getuies is en die olifante onthou dit en volgende keer word ‘n onskuldige persoon aangeval!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.