Man in kop geskiet toe hy gaan water haal

Paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn Man in sy 40’s is Donderdagaand in KwaZulu-Natal se Middelande in die kop geskiet toe hy gaan water haal het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is teen 18:51 na die toneel langs Zeederburgweg (R103) in Merrivale ontbied.

“Volgens inligting op die toneel het die man water gaan haal by ʼn kraan langs die pad toe hy in die kop geskiet is. Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Herbst gesê.

Die Mpophomeni-polisie was op die toneel en ondersoek die omstandighede rondom die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

jammer om te sê ·

was dit mer n vuurwapen wat vrywilliglik aan die polisie oorhandig was?

Noujatoe ·

Hierdie refrein ad nauseam so, altyd dieselfde:-
Piet, Koos, Jan of Sipho..was net gou op pad winkel/kerk/skool-toe.

Sputnik ·

Noujatoe, jy’s verkeerd! Dié man was op pad om water te gaan haal! ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.