Man in kritieke toestand nadat petrolhouer ontplof

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man veg om sy lewe in die hospitaal nadat ʼn houer vol brandstof Maandagaand ontplof het.

Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, het die voorval kort na 18:00 in Tongaat in KwaZulu-Natal plaasgevind.

“Volgens ooggetuies was die man besig om rommel te brand toe ʼn houer vol brandstof wat naby hom gestaan het, vlamgevat en ontplof het.”

Botha sê die man het brandwonde oor 90% van sy liggaam opgedoen. Hy is in ʼn kritieke toestand met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.