Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn middeljarige man dood aangetref is in sy huis in Kenton-on-Sea in die Oos-Kaap.
Kenton-on-Sea is ʼn vakansiedorp tussen die Kariega- en Boesmansrivier in die Oos-Kaap.
Volgens Mali Govender, ʼn polisiewoordvoerder, het ʼn familielid die 50-jarige man Maandagoggend per telefoon probeer bereik. Die man woon alleen. “Toe die oorledene nie die familielid se oproepe antwoord nie, het dié besluit om na die oorledene se huis te gaan, waar hy die skokkende ontdekking gemaak het,” sê Govender. Die oorledene was glo vasgebind.
Volgens Govender het die voor- en agterdeur van die huis oopgestaan en was daar geen aanduiding dat iemand geforseerde toegang tot die huis verkry het nie. Dit wil ook nie voorkom of iets uit die huis gesteel is nie.
Forensiese deskundiges was Maandag nog besig om die toneel te fynkam. Die motief vir die moord is nog onduidelik.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Daar is nie meer motiewe vir moord nie. Hul doen dit maar net en kom weg daarmee
Nee hoekom moet jy in jou eie land agter tralies woon soos ‘n gevangene waar is jou reg en vryheid. Elke persoon is geregtig daarop jy kan nie in jou eie woning jou eie privaatheid wreed uitgemoor word nie. In ander lande bestaan dit nie want daar is wet en orde hier word dit toegelaat want die moordenaars het meer reg.
Wat se die #I am staying mense. Is dit wonderlik in die land wat eentyd ook ons land was
My simpatie aan die familie en vriende van die oorledene.
Bewapen en verdedig jou SELF!
As jy dit nie doen nie dan is ek bevrees ….!
Daar is nie net wet en orde nie. Daar is beskaafde mense wat hulle self regeer. In Suid Afrika word beskaafde mense deur onbeskaafde mense regeer wat geen verantwoordelikheid aanvaar vir beskaafde waardes nie. Die enigste beskaafdheid wat hulle het is die pakke klere wat hulle dra.