Man in Midvaal deur weerlig getref

Argieffoto (Foto: CorinnaST, Pixabay)

ʼn Man is Vrydagmiddag na ʼn brandweerstasie in Midvaal gehaas nadat ʼn weerligstraal hom getref het.

Omstanders wat die man, vermoedelik in sy 30’s, na die brandweerstasie geneem het, het aan die brandbestryders en paramedici gesê hy het onder ʼn boom gesit toe die weerlig hom getref het, het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê. Die voorval het omstreeks 16:00 plaasgevind.

“Paramedici het gesukkel om die man by te bring, maar hy is later op lewensondersteuningsmasjiene geplaas en na Sebokeng-hospitaal geneem,” het Vermaak bygevoeg.

Paramedici raai mense aan om skuiling te soek tydens donderstorms en bome, groot metaalvoorwerpe en oop velde te vermy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SjN ·

Is die verslag al beskikbaar ivm die ondersoek na weer deur die regering?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.