Man in motor by bank doodgeskiet

Die voorval het omstreeks 18:30 by ʼn bank in Old Main-weg in Kloof plaasgevind (Foto: Verskaf)

’n 54-jarige man is Dinsdag in sy motor by ’n bank in Kloof, in die weste van Durban, doodgeskiet.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het omstreeks 18:30 by ʼn bank in Old Main-weg in Kloof plaasgevind.

“Die slagoffer het in sy voertuig gesit toe twee voertuie langs hom geparkeer het. ʼn Verdagte het uit een van die voertuie gespring en die slagoffer geskiet. Die verdagte het toe terug in die voertuig geklim en albei voertuie het weggejaag,” bevestig Mbele.

Die slagoffer het verskeie skietwonde aan sy bolyf opgedoen.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici het die man op die toneel dood verklaar.

Volgens Mbele ondersoek die polisie ʼn saak van moord. Die motief vir die moord is in dié stadium onduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Aai ·

DIe bank het niks met dit te doen geen bank is oop 18:30 in die aand.

Androclus ·

Probeer asb net verstaan hulle dui die plek aan waar die insident plaas gevind het.

Aai ·

Hulle kon net die area gese het dit so ook gewerk het by n bank beteken niks.

Chantel ·

Ai tog, so jammer vir die familie, maar klink soos ‘n “hitt”

Cherokee ·

As jy by hit bedoel tref, Chantel, dan is jy reg. Dit klink na ‘n sluipmoord.

JohanR ·

Gelukkig, of ongelukkig was die man 18H30 nie voor ‘n polisie kantoor geparkeer nie! Ek sou dink ‘n saak van moord word ondersoek as die man dood geskiet is!

Persheks Adri ·

Nóg kriminele met seer sekerlik onwettige wapens! En hier dink ek hoed pas die publiek op…

Die Boerepompie ·

Dink nou net .Jy was daar parkeer en was raak geterf Waar om kan die Saps nie hulle gunne op pas nie dit was dalk nog een van dit wat op soek is ..

Anoniem ·

Sulke lafaarts! Innige simpatie en meegevoel met die familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.