Man in motor by winkelsentrum doodgeskiet

Die polisie en nooddienste op die toneel in Westonaria waar ‘n man in sy motor doodgeskiet is. (Foto: ER24)

’n Man, vermoedelik in sy 30’s, is Saterdag laatmiddag in sy motor by ’n winkelsentrum in Westonaria in die weste van Johannesburg doodgeskiet.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, sê volgens ’n ooggetuie het ’n verdagte ná die voorval in ’n silwerkleurige motor, wat nie ver van die slagoffer se motor by die winkelsentrum geparkeer was nie, geklim en in ’n oostelike rigting weggejaag.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê paramedici het die man omstreeks 17:00 met hul aankoms op die toneel in sy motor aangetref.

Die man het verskeie skietwonde opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Makhubele sê die motief vir die moord is in dié stadium onbekend en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JM ·

Om mense in hul motors dood te skiet, het die afgelope tyd mode geword.

Hennie J ·

Ek kry ook sulke gedagtes as skobbejakke die gestremde gereserveerde parkering misbruik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.