Man in motor doodgeskiet

Foto: SAPD

ʼn Man is doodgeskiet en twee passasiers is beseer tydens ʼn skietvoorval Dinsdagmiddag in Randburg, Johannesburg.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 46-jarige man en twee passasiers het in ʼn silwer BMW gery toe twee mans in ʼn wit Mercedes Benz op die BMW losgebrand het.

Die voorval het op die hoek van Malibongwe- en Pres. Fouchérylaan in Olivedale plaasgevind.

Die bestuurder van die BMW is doodgeskiet en sy twee passasiers is beseer. Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie.

Makhubele het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord en twee sake van poging tot moord. Enigiemand met inligting oor die voorval is versoek om die polisie te kontak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Whoa! ·

Nou is dit selfs Mercedes en BMW drywers wat baklei! Die Ford en Toyota manne moet nou net kophou en kalm bly…

jakes ·

Ag, dis alledaags. Gebeur veral baie in Gauteng. Dit moet so wees want hier is die nuwe Willeweste. Geen reels of wette geld nie.

jaco ·

kom ons redeneer soos die ander. Bmw is ‘n slagoffer van rassisme, dis hoekom dit gebeur het.

Ja Wohl ·

Plaasmoorde gaan ongesiens verby, wat is nog een moord van iemand in ‘n motor? Dit is hoe die politieke partye en regering daaroor redeneer . as dat hulle nie beinvloed nie, is dit maar net nog MISDAAD, want ons het net wetsgehoorsame burgers in SA en die wet word vreeslik mooi toegepas en die polisie is baie effektief. Dit skok ons as gewone mense, maar die politici en regering en polisie trek maar net die gordyn daaroor asof dit glad nie gebeur het nie …

Annelize ·

GP staan nie verniet vir Gangsters Paradise nie. Lyk my na ‘n beplande “hit”, (sluipmoord).

Nita ·

Hahaha ipv op perde ry, kom die cowboys en die crooks met BMW’s en MERCs aangery. Wys my waar pas eienaars van bg voertuie in die prentjie van die armes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.