Man in motor doodgeskiet

Foto verskaf deur ER24

ʼn Man is Vrydagaand in Lyttelton in Centurion in sy motor doodgeskiet.

Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, was paramedici omstreeks 18:00 op pad terug na hul stasie toe mense langs Jeanlaan naby Rabiestraat hul aandag getrek het.

“By nadere ondersoek is ʼn motor met ʼn man daarin langs die pad gevind. Die man is verskeie kere geskiet en op die toneel dood verklaar.”

Vermaak het gesê die slagoffer was glo 44 jaar oud. Volgens hom is nog ʼn motor deur die skote wat afgevuur is, getref. Niemand is egter in die motor beseer nie.

Die presiese omstandighede rakende die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Dit kyk na ‘n “Hit en Run” in’ n besig straat nogal! Onder die a en see word SA gereduseer tot ‘n “gangsters paradise” wat staatskaping tot op die hoogste vlak insluit! Wat van’ n Sheriff-stelsel soos in die VSA – met patrolliemotors EN opgeleide personeel ens.?

Pieter du plessis ·

Mense moet gewoond raak hieraan of begin om hulself te bewapen en te bemagtig met wat die wet sê oor selfbeskerming die polisie is nie meer.

Pop ·

Mense moet dit maar gewoond raak, of verhuis na ander lande. Gaan net erger raak. Ek verkies kop in die sand en maak of niks my aangaan nie. Sal nie toelaat dat my laaste jare versuur raak nie.

IK ·

‘Kop in die sand’ is ‘n goeie plan, dan kan jy dalk ‘n skoot deur die agterstewe oorleef.

Liberaal ·

Waarookal ons linkses ons wil op ander afdwing kom misdaad en anargie.

LMG ·

Sindikate, kartelle , bendes en “snakes in suits” regeer die land! Dis net die begin, wees gereed vir wat nog kom. Om jou kop in die sand te druk gaan nie help nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.