Man in motor doodgeskiet

Die motor was vol koeëlgate (Foto: Rusa, Facebook)

’n Man is dood nadat daar Donderdag ’n menigte skote op sy motor in Umhlanga Ridge in KwaZulu-Natal afgevuur is.

Volgens kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, is die polisie omstreeks 10:40 na Meridian-weg in Umhlanga Ridge ontbied.

“Inwoners het die polisie ontbied ná hulle talle skote in die omgewing gehoor het,” sê Mbele.

Met polisiebeamptes se aankoms op die toneel het hulle die bestuurder van ’n wit Toyota Corolla Cross dood in dié motor gevind. Die motor was buite die man se huis geparkeer.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het die man geen teken van lewe getoon nie en is hy deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Mbele sê voorlopige inligting dui daarop dat ’n groep verdagtes in ’n motor langs die man sʼn stilgehou het. Hulle het daarna op die man se motor losgebrand en hom in die proses doodgeskiet.

Prem Balram, woordvoerder van Reaction Unit South Africa (Rusa), sê die motor was vol gate en ’n klomp koeëldoppies is op die toneel aangetref.

Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie en die polisie ondersoek tans ’n saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Marcello ·

Dit is seker gepleeg met een van die vuurwapens wat verdwyn het.

Frank ·

Miskien, maar dink nie so nie, dis ‘n AK doppie wat daar lê.

Shakespeare ·

Lyk my elke Zuma kader het ‘n geweer om sy KZN “empire” verder as ‘n “gangster paradise” te vestig.

Jana ·

Dit lyk of die hel los is in KwaZulu- Natal!! Dis die een slegte moord berig na die ander van daai omgewing af! Hoeveel keer het ons noual die afgelope tyd gelees van mense wat landwyd sommer net in hulle karre of voor hulle huise doodgeskiet was?

Aanstap ·

Wil nie eens meer daar vakansie hou….mense word uitgehaal amper daagliks!

Cherokee ·

Ja’a.. maar daar word nie op toeriste geskiet nie. Dit lyk soos na spesifieke teikens.

ES ·

AK’s is nie die enigste gewere wat 5.56 patrone skiet nie, dit kan R5 ook wees. Want die polisie gee mos vir kriminele van hulle wapens…

My siening ·

Verlore land! Ja wat het met die land gebeur van 1994 tot nou?

Di ·

Nee wat daar is geen toekoms in hierdie land nie – Bendes, onwettige immigrante en kriminele het heentemal oorgevat. Die polisiemag is nie in staat om al hierdie duisende kriminele te hanteer nie. DANKIE ANC REGERING – vandat julle hierdie land oorgeneem het is ALLES ten gronde en MOORD het ons slagspreuk geword

casper ·

“..en ’n klomp geweerpatrone is op die toneel aangetref. ”
Regtig ne — Geweer patrone ne — ek sou dink dit was patroon doppies op die toneel maar ek kan verkeerd wees ne !!

Megan Swart ·

Dagsê casper
Ons vra om verskoning vir die verwarring. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Blomme ·

Hartseer, Hartseer, Hartseer. Ons geliefde Land… Wat het daarvan geword?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.