Man in motor doodgeskiet

SAPS+police+crime+tape+xgold+2012ʼn Man is Maandagmiddag in sy motor doodgeskiet tydens ʼn rooftog in Bloemfontein in die Vrystaat.

Lt.kol. Annelie Wrensch, woordvoerder van die polisie, sê die slagoffer was glo op pad om sy werkers in ʼn park te betaal toe hy doodgeskiet is. Die park is naby die kruising van Harry Smith- en Aliwalstraat.

Wrensch sê vier gewapende mans het die slagoffer in die bors geskiet en met ʼn onbekende bedrag kontant gevlug. Sy sê die slagoffer is op die toneel dood verklaar. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

wally ·

Sien gereeld mense wat werkers,baie,sommer op openbare plekke betaal.n resrp vir moeilikheid.

Shannon ·

Ja ek wens ek kon sakasties bydra dat die man blankes moet aanstel dan word hy nie geskiet deur sy eie werkers nie. Maar die kanse dat jy blanke temps gaan werf is maar skraps. Blankes, insluitende Afrikaners, is meetal managers … financial advisors … doktors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.