ʼn Man van Prospecton, suid van Durban in KwaZulu-Natal, is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal opgeneem nadat hy Dinsdagmiddag onder verdagte omstandighede beheer oor sy motor verloor het op die N2 in dié provinsie.
Garrith Jamieson, Rescue Care-woordvoerder, sê die man is glo in sy bolyf geskiet terwyl hy besig was om te bestuur wat veroorsaak het dat hy beheer oor die voertuig verloor het.
Jamieson sê die man se voertuig het die besige N2-hoofweg verlaat, maar geen ander voertuie was in die ongeluk betrokke nie.
Die motor, ʼn wit Volkswagen Citi Golf, het tot stilstand gekom in ʼn vleiland.
Nooddienste kon daarin slaag om die man te stabiliseer voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is vir dringende mediese sorg.
Jamieson sê meer besonderhede oor die voorval is nie in dié stadium bekend nie. ʼn Polisieondersoek duur voort.
Wat is aan die gebeur in Kwa-Zulu? Klink asof alles daar buite beheer is
Dis nie net Kwazulu nie – die hele land is buite beheer. Die wreedste en “snaakste” dinge gebeur met enige iemand deesdae. Daar is net GEEN beheer meer in hierdie land nie.
SA het seker die dikste polisiemag in die hele wereld. Hoop die slagoffer herstel gou.
Nogal waar! Waar is die dae wat soldate en veiligheidsmagte met fikse beweeglike liggame gespog het. Skelms het ook moeilik vir hul weggehardloop! Ek veronderstel die stoele wat bestel word, word spesiaal gemaak, want maks gewig vir ‘n normale kantoorstoel is ongeveer 102kg?? Maar daar is darem nog die paar wat regtig hard werk, ten spyte van “looks” en als wat fout gaan.