Man in motorhuis vermoor, in seil toegedraai

Gert Burger. Foto: Verskaf

Gert Burger (65) van Kroonstad is in sy motorhuis ingewag voor hy talle kere met ʼn mes gesteek en sy liggaam in ʼn plastiekseil toegedraai is.

Burger is Saterdagoggend vroeg vlooimark toe om ʼn paar goed te gaan koop en ook dorp toe om sy vrou, Martie, se medisyne te kry,” het Linette Erasmus, Burger se dogter, gesê. “My ma het rumatoïede artritis en is bedlêend.” Burger het met sy aankoms terug by die huis vir sy vrou haar medisyne gegee.

“My ouers se huis is baie veilig. Gewoonlik hou my pa met sy bakkie buite stil, dan sit hy die alarm af. Hy het by die agterdeur oopgesluit en die pakkies in die kombuis gesit.”

Burger is hierna weer na buite om die bakkie in die motorhuis te trek. “Hy sou alles weer gesluit het. Daar is veiligheidshekke voor die motorhuis en die roldeur het ook ʼn slot. Hulle moes hom gegryp het toe my pa die motorhuis oopgesluit het.”

Volgens Erasmus is haar pa in die nek en minstens ses keer in sy bors gesteek. “Daar was ʼn groot swart seil wat op die motorhuis se vloer uitgelê is. Hulle het my pa se liggaam in die seil toegedraai en dit met ʼn tou vasgebind. Hulle het die bakkie in die motorhuis ingetrek. Ons vermoed hulle wou dalk die liggaam verwyder.”

Die moordenaars het toe die huis se sleutels gevat en die ander motor se sleutels in die huis gaan haal. “Hulle het ook my ma se kamerdeur toegetrek. Hulle moes geweet het my ma is ʼn invalide. Sy het gesien die deur is toe nadat sy wakker geword het en het my pa geroep, maar hy het nie geantwoord nie.”

Volgens Erasmus het die moordenaars moontlik gedink die afstandbeheerder op die bos sleutels is die motor s’n, maar dit was egter die paniekknoppie en hulle het dit twee keer gedruk.

ʼn Plaaslike veiligheidsmaatskappy, Corcomm, het op die toneel reageer. Beamptes het tevergeefs met Erasmus se ouers kontak probeer maak, waarna hulle haar gebel het. Sy het ook haar ouers in die hande probeer kry en ten einde raad na hul huis gejaag.

Beamptes het intussen vasgestel dat Martie in die huis is, maar kon nie Erasmus se pa opspoor nie. Erasmus het gesien die bakkie staan in die motorhuis en het ʼn bondel swart plastiek gewaar. “Toe vat ek daaraan en voel dit is my pa.”

Volgens Erasmus word kamers in die huis langs haar ouerhuis uitverhuur en staan daar ʼn woonwa langs die muur wat aan haar ouers se motorhuis grens. “Een van die moordenaars het in die woonwa gebly. Daar is ʼn mes op die woonwa se dak en bebloede klere binne-in gevind.”

Die motorhuis is ʼn afdak wat toegebou is en aan die kant is die grensmure tot teen die dak verhoog. Die vermoede is dat die moordenaars deur ʼn skrefie toegang tot die motorhuis gekry en toe een van die betonmuur se panele gebreek het om te vlug.

Volgens Erasmus het die veiligheidswagte met hul aankoms gesien hoe ʼn man op die motorhuis se dak hardloop en in ʼn aangrensende erf spring. Burger se selfoon en beursie word nog in dié stadium vermis.

Burger sou Dinsdag 66 geword het. Burger laat nog drie kinders, Ronel, Nick en Chris, asook agt kleinkinders en een agterkleinkind agter. Die familie reël tans dat Martie in ’n versorgingsoord gaan bly. Die egpaar het 23 jaar in die huis gewoon.

Kapt. Stephen Thakeng, ’n polisiewoordvoerder in die Vrystaat, het intussen bevestig ʼn 19-jarige verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord. Die polisie volg alle leidrade op om nog ʼn verdagte op te spoor.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

jean ·

Hoe absoluut verskriklik om te voel dat dit jou pa is!….Die Liewen Heer sal julle ook hierdeur houvas..

Deloris ·

Oh dis verskriklik. Baie sterkte en mag God julle optel en dra in hierdie verskriklike moeilike tyd.

Smurfie ·

Verskriklik om te dink dat so iets in Kroonstad; helder oor dag kan gebeur. Ek besef geweld en moord is oral in Suid Afrika, maar dis nie asof ons die grootste dorp in Suid Afrika is nie :(

Neels ·

Sterkte vir sy gesin en familie in die hartseer donker tyd . Hoe sinneloos en onnodig , dit net vir n selfoon en beursie met waarskynlik net n paar rand in . Ek het vir Gert persoonlik geken , hy was die soort wat nie eers n vlieg sou skade aandoen nie

aj ·

Bewapen en verdedig jou SELF!

Niemand anders gaan dit doen nie.

Dis nou oorlog!

Dafer ·

Ek stem aj maar ‘n oud president van Amerika het dit raak gevat deur iets soos die volgende te sê: alleen alleen gaan ons almal hang, maar SAAM gaan ons wen. Ons soek ‘n Moses!

Jan ·

Ag nee wat jy droom.die meerderheid afrikaners gaan onverpoos voort om mielies vir hulle vyande te plant…

Retha Lubbe ·

Sterkte aan die familie. ??Dis só sinneloos. ???
Wonder wanneer word die doodstraf terug gebring in SA…wanneer gaan die geagte regering van die dag wakker skrik.

Eben ·

My innige simpatie aan die familie.

Ek wil net graag dit onder mense se aandag bring dat die kriminele baie inligting van die gesin gehad het. Sorg asb. dat julle inligting privaat bly en dat skelms nie die soort van inligting het nie.

Die bedelaars wat aan jou deur klop doen dit nie verniet.

Abe ·

Eben,
As ek dit reg verstaan was die aanvallers bekend aan die gesin. Een het op die perseel gewoon. Dis moeilikheid soek.

Cor ·

Abe nee lees weer hulle het op die perseel langsaan gewoon nie op sy erf nie. So jou bure hou jou dop en ken jou bewegings .

Kierie ·

Ai, Gert! Nou jy ook. Dankie vir jou kuiertjies in my kantoor toe ek nog in Klerksdorp was. Elke kuier het vir my baie beteken.
Sterkte aan die Burger familie. Ek ken julle nie maar hou julle in my gebede.

Hartseer ·

Dan moet jy jou medemens liefhê? Hierdie misdadigers en kriminele is NIE my medemens nie, en ek het hulle nie lief nie. Nog onnodige hartseer en verlies van ‘n onskuldige lewe. Ons bid vir julle gesin.

Poppie ·

Medemens sê jy. Bybel sê jy moet jou NAASTE lief he. Weet jy wie is my naaste. My man kinders kleinkinders familie vriende. Mense wat ek nie ken is nie my naaste en dan is daar ander wat my verste is….

Lafaardmense ·

Watse lafaardmense is dit wat bejaardes vermoor. Laer as diere.

Rabes ·

Hoekom moet julle altyd mense met diere vergelyk? Die moordenaars het die man vermoor om hul self te verryk en nog nooit het ‘n dier iets of iemand doodgemaak om hom self te verryk nie.

CJ ·

Mag Gert in vrede rus. Was bevoorreg om hom te ken terwyl ek in Kroonstad werksaam was by dieselfde instelling waarvoor Gert destyds gewerk het. n Mens met n oop hart vir sy medemens! . Die nimmereindigende geweld teen en sinnelose wreedaardige moorde op ons mense op plase, in dorpe en stede, in ons eie huise, mag nie ongestraf en ge-ignoreerd voortduur nie! As die regsowerhede nie nou ingryp nie, bid ek dat God sal ingryp, volgens Sy Wil! Verseker sal Hy hierdie gruweldade nie ongestraf laat bly nie! Ek eer Gert se nagedagtenis. My innige simpatie en medelye aan sy gesin en familie. En ook aan almal wie vir Gert geken het en met hom saamgewerk het en met hom bevriend was. Skokkende “demokrasie waarin alle menseregte erken word” waarin ons lewe en n bestaan probeer maak, om maar die minste daarvan te se.

Cherokee ·

Is veiligheidsmaatskappye, wanneer ‘n alarm afgaan, veronderstel om rond te bel in die hoop dat dit ‘n vals alarm is? Die huis te bel, ander familielede te bel om te hoor of iemand nie dalk die alarm per ongeluk laat afgaan het nie? Of word hulle betaal om onmiddellik te reageer?

Pieter ·

Die sekuriteit moet dadelik op ‘n panieksyn reageer. Hul kan bel as hul reeds op pad is.

Viva ·

Diere maak dood vir kos of moontlik in gevegte oor die leierskap van die trop. Mense maak ander dood meestal omrede hulle nie n keuse het soos in n oorlog. Dan is daar die individuele redes wat mag gaan oor mag, geld, verhoudings, jaloesie ens. Gewoonlik is dit vir die moordenaar of die hoof agter alles in sy siek verstand die enigste oplossing vir sy probleme. Nou waar pas die sadistiese moorde op blankes in. Marteling, verkragting, 19 jarige wat n redelike ou man hoeveel keer met n mes steek, sadisties nog in n seil toedraai en vasbind, vir wat. In watter groeperings sal hierdie gedrag val, beslis nie die norm by die mens nie, verseker nie die gedrag van diere nie, nou waar dan, nie normaal menslik of dierlik nie, nou wat dan?

Innige Simpatie ·

Aan die geliefdes van die oorledene – ek is jammer oor julle verlies. Baie sterkte in hierdie baie moeilke tyd.

Misdaad in SA is buite beheer. Wees versigtig daar is baie kriminele daarbuite wat wag vir die donker. Ons straat was geteiken Donderdagnag en weer Saterdagnag. Maak seker julle huise is beveilig.

Db ·

Dit is hoekom ek alleen bly en nie die minste begeerte het dat iemand by my kom plak nie. Die bure weet ook dat daar nie strukture naby die mure opgerig mag word nie want o wragtig dan is daar moeilikheid. So jammer om van nog een onnodige moord te hoor en sterkte aan die familie. Mens moet jou eie besittings oppas en dan nog polisieman speel om die bure dop te hou. Dit is siek

Porratjie ·

Diere is hoogs intelligent en doen nie die siek dinge wat mense doen nie. Hou op om hierdie siek mense met diere te vergelyk. Die Suid-Afrika waarin ek grootgeword het en veilig gevoel het is nou ‘n warboel van mense wat nie in ‘n gesonde samelewing hoort nie. My simpatie aan die familie.

Belinda ·

Baie dankie C J, jy het Oom Gerrie 100% beskryf ! Mens kyk net na die sagte wit haartjies en jou hart breek van voor. Ek is net baie dankbaar my liewe Ouma is reeds by haar Hemelse Vader, want dit sou vir haar bitter, bitter moeilik gewees het. Nou is al die Burger broers en susters saam by ons Hemelse Vader. Ons sien Oupa, Ouma, Tannie Anna, Oom Abé, Oom Chris en Oom Gerrie eendag weer !

Peet J ·

Wees maar baie versigtig vir ‘n persoon wat ‘n mes hanteer om mee te moor hy /hulle is blitsvinnig voor jy kan sê mes het die slagoffer sewe tot tien messteke gekry hierdie soort kriminele word opgelei om so vinnig te reageer sodat jy nie kans het om jou wapen te kan gebruik nie. My innige simpatie aan die familie van Mnr. Burger, ons is nou nêrens meer veilig nie, sien uit na ons eie tuisland.

GM ·

Cherokee – Ek is nie seker of dit by almal so werk nie, maar ek weet my tannie-hul is gebel as hul huisalarm afgegaan het. Hulle het twee kode-woorde. Die een is vir as als reg is, die ander een vir as iets fout is en die maatskappy moet uitkom. Ek glo as niemand die foon antwoord nie, dan sou sekuriteit uitgestuur word.

My innige simpatie aan die man se naasbestaandes.

Piet parys ·

Ja die euwel van mense om hul dorpshuise plakkers kampe van te maak en dan hulle misdadigheid daarvan te bedryf

Bertie ·

Sterkte aan Martie & die kinders.Het daai jare so lekker saam met Gert gekuier toe hy in Postmasburg was.

Maro ·

dis die beheerkamer van die firma wat probeer om die klient in die hande te kry terwyl die reaksie eenheid intussen uit gestuur word. Die spesifieke reaksie eenheid was in die geval baie vinnig op die toneel. Baie kliente verkies dat hulle eers gebel word voor reaksie uitgestuur word want 90% van die panieks en alarms wat afgaan is vals. So onnodig dat die oom sy lewe so moes verloor. Sterkte aan die familie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.