ʼn Man is dood nadat hy Donderdag in Leondale, naby Germiston, geskiet en aan die brand gesteek is.
Volgens Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, was die man reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Die polisie was reeds op die toneel,” het Meiring gesê. “Die man se liggaam is naby afrit van die hoofweg aangetref. Sy klere het steeds gesmeul. Bewyse dui daarop dat die man in sy kop geskiet is voordat hy aan die brand gesteek is,” het hy gesê.
Die oorsaak van die moord is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek die voorval.
So wreed!!