Man in Oos-Rand geskiet, aan die brand gesteek

crime-scene-tapeʼn Man is dood nadat hy Donderdag in Leondale, naby Germiston, geskiet en aan die brand gesteek is.

Volgens Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, was die man reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Die polisie was reeds op die toneel,” het Meiring gesê. “Die man se liggaam is naby afrit van die hoofweg aangetref. Sy klere het steeds gesmeul. Bewyse dui daarop dat die man in sy kop geskiet is voordat hy aan die brand gesteek is,” het hy gesê.

Die oorsaak van die moord is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.