Man in oprit na huis doodgeskiet

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn 35-jarige man van Pietermaritzburg is Dinsdagaand in die oprit na sy huis doodgeskiet.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het gesê die voorval het omstreeks 21:40 in Gilbertweg in Bisley plaasgevind.

“Die motief vir die moord is nog nie bekend nie en word ondersoek. Dit is ook nog nie bekend of enigiets tydens die voorval gesteel is nie. Die man se liggaam is deur ʼn verbyganger opgemerk, waarna die polisie ontbied is,” het Zwane aan Maroela Media gesê.

Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, is die man verskeie kere geskiet kort nadat hy by sy huis opgedaag het en op pad was om die hekke toe te maak.

“Met paramedici se aankoms is die man op die grond met ernstige wonde aangetref. Paramedici het ʼn geruime tyd vergeefs probeer om sy toestand te stabiliseer. Die man is op die toneel dood verklaar,” het Botha gesê.

Die Alexandra-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marin ·

Ek lees al die nuus op Maroel Media. Dis baie goed om ingelig en ophoogte te bly.
Ek wil net hoor of jul enigsens dieselfde in Engels het? Mense wat wil deel en oorsee woon, wil ook graag lees, maar verstaan nie Engels nie.
Sal u terugvoer waardeer.
Baie dankie

Sune van Heerden ·

Dagsê Marin

Dankie vir jou navraag! Ons publiseer ongelukkig slegs in Afrikaans.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Hannie ·

Ek is verbyster oor die nuutste misdaad gevalle, waar gaan dit eindig, wie volgende, asb GOD van liefde tree op! U is ons enigste uitkoms!

REGINA ·

Martin, jy wou seker se dat mense wat ootsee woon, die berigte ook graag sou wou lees, maar “verstaan nie AFRIKAANS nie?” WAT SE JULLE MAROELA?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.