Man in parkeerarea van Pta-winkelsentrum geskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Saak van poging tot moord word ondersoek nadat ʼn man Dinsdagmiddag by ʼn winkelsentrum in Centurion geskiet is.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 14:30 by die Eldo Village-winkelsentrum gebeur. “Die man, glo in sy 40’s, het pas sy motor in die kelderparkeerarea van die sentrum geparkeer toe hy deur drie onbekende mans genader is,” het Moloto gesê.

“Die verdagtes het die man in sy bolyf geskiet voordat hulle in ʼn wit Audi gevlug het. Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie.” Volgens Moloto het die verdagtes niks by die man geroof voordat hulle gevlug het nie. Die man is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

Moloto het gesê die man se naam kan nie dadelik bekendgemaak word nie.

Volgens ʼn ooggetuie op die toneel is die man ʼn advokaat in die stad. “Ons het net ʼn skoot hoor afgaan en toe was daar ʼn vreeslike oproer in die sentrum. ʼn Rukkie ná die skietery het ʼn polisiehelikopter oor die toneel gevlieg, dalk om te soek na die wit Audi waarin die skieters gevlug het,” het die ooggetuie wat anoniem wil bly gesê.

“Dit is nogal skrikwekkend as so iets gebeur hier waar jy elke dag kom om jou inkopies te doen. Gewoonlik hoor ʼn mens net van hierdie goed, maar nou gebeur dit sommer hier by jou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Annie ·

Waar is mens veilig hierdie dae? Mense pluk pistole so vinnig uit en skiet hulle dink nie aan die nagevolge nie.

Theresa B ·

Duidelik was die Advokaat besig met ‘n saak wat hierdie spul bietjie senuweeagtig gemaak het. Dis mos nou die inding. As die dokumente nie voete kry nie dan word die arme mense wat net hul werk doen “uitgehaal”. Ek hoop die man herstel vining.

Theresa ·

Ai. Ja, beslis nie tevrede met wat hy besig is om te doen nie. Fliek-styl. Met TV, rekenaars en selfone en onwettige wapens (ander word vir gesteeldes) is die lewe in Suid-Afrika ook deesdae ‘n fees vir elke soort misdadiger. Voeg daarby te min polisie met hopeloos te veel rondlopers en rond sitters op sypaaie en jy kry ‘n wenresep vir moeilikheid en skade.

Johan van der Merwe ·

Dit het in die Saxby Sentrum plaasgevind. Die person wat geskiet is het geld onttrek vanaf die FNB tak in die sentrum.

Oosie ·

Dalk alweer ‘n ‘inside job’. Vriende van ons is ook so beroof. Kameras het gewys ‘n bankamptenaar het ‘n teken vir iemand gegee toe hulle ‘n groot bedrag getrek het en hulle is 10km agtervolg en die rowers het presies geweet hoeveel geld dit was!!

Victorious ·

Miskien moet die polisie die township invar en hulle ontwapen soos wat hulle met ons gedoen het

Sunbird ·

Ek sal baie graag wil weet wie die person is wat beroof en geskiet is. Wanneer kan ons die opvolg-berig verwag?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.