Man in parkeerterrein doodgeskiet

Die misdaadtoneel. Foto: @JosephsReshanda/Twitter

Die misdaadtoneel. Foto: @JosephsReshanda/Twitter

ʼn 37-jarige man is Saterdagoggend in die parkeerterrein van ʼn winkelsentrum in Somerset-Wes doodgeskiet.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 08:50 plaasgevind. Volgens Traut vermoed die polisie dat die man doodgeskiet is in ʼn poging om sy motor te steel. “Die twee verdagtes het gevlug en is nog nie in hegtenis geneem nie.”

Traut het gesê die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.